Tehuis-brand: nóg 4 sterf
2010-08-03 13:16
Johannesburg - Nóg vier mense is dood nadat ‘n brand by ‘n tehuis vir bejaardes in Nigel uitgebreek het, het die departement van gesondheid in Gauteng gesê.
Die dodetal staan tans op 22.
“Drie mense is Maandagnag by die hospitaal dood en ‘n vierde slagoffer is Dinsdagoggend dood,” het Mandla Sidu, departementele woordvoerder gesê.
Sewentien bejaardes het doodgebrand toe die brand by die Pieter Wessels-tehuis vir verswakte bejaardes uitgebreek het. ‘n Agtiende persoon is kort na die brand weens ‘n hartaanval oorlede.
Sowat 40 ander bejaardes is beseer en 84 mense is uit die tehuis gered.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA