Tehuis-brand is 'tragies en grusaam'
2010-08-02 09:43
Johannesburg – Paramedici wat op die toneel was van die brand wat by die Pieter Wessels-tehuis vir bejaardes in Nigel, het die voorval as 'baie tragies' beskryf.
“Dit was baie grusaam en tragies,” het Chris Botha, woordvoerder vir Netcare911 gesê.
Vier en tagtig mense is gered maar 18 bejaardes het doodgebrand.
“Van die 84 wat gered is, is een persoon na die hospitaal geneem met brandwonde oor 40% van sy lyf terwyl twee ander ernstige beserings opgedoen het,” het Botha gesê.
Die ander 81 mense is op die toneel behandel.
Volgens adjudant-offisier Tommy Tomlinson, ‘n polisiewoordvoerder, het kerke in Nigel baie van die mense ingeneem en is ondersoekbeamptes op die toneel.
“Dit is redelik chaoties,” het Tomlinson gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA