Tehuis-brand: LUR gaan besoek aflê
2010-08-02 11:30
Johannesburg – Qedani Mahlangu, Gautengse LUR vir gesondheid en maatskaplike ontwikkeling, sal die tehuis in Nigel waar daar Maandagoggend 18 mense tydens ‘n brand dood is, besoek.
“Tydens die besoek sal die LUR die skade wat deur die brand aangerig is ondersoek en ook kyk na maniere wat die departement kan uithelp,” het die departement in ‘n verklaring gesê.
Volgens paramedici het 18 bejaardes doodgebrand toe ‘n brand by die Pieter Wessels-tehuis vir bejaardes in Nigel uitgebreek het.
Volg Nuus24 op Twitter.