Tehuis-brand: Ekurhuleni-metro spring in
2011-06-13 11:29
Johannesburg – Die Ekurhuleni-metro sal alles in sy vermoë doen om die oorlewendes van ‘n brand in ‘n sorgsentrum in Springs te help.
“Ons gaan alles doen wat ons kan as ‘n munisipaliteit om die tehuis te ondersteun,” het ‘n metro-woordvoerder, Zweli Dlamini, gesê na die brand Sondagaand, wat 12 mense gedood en minstens 27 beseer het.
Dlamini het bygevoeg dat die omvang van die skade by die staatstehuis vir bejaardes en verstandelik gestremdes nog bepaal moet word.
Volgens kapt. Johannes Ramphora van die polisiediens is die brand teen 09:00 Maandagoggend geblus. Die gebou is egter onbewoonbaar nadat die dak deur die vlamme verwoes is.
Forensiese deskundiges sou deur die puin werk om die oorsaak van die voorval te bepaal.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA