Tehuis-brand: Donasies stroom in
2010-08-02 15:48
Johannesburg – ‘n Liefdadigheidsorganisasie in Nigel is oorstroom deur mense wat aanbied om te help nadat 18 mense by ‘n tehuis doodgebrand het.
“Dit is wonderlik hoe mense probeer help,” het Elaine Coetzee, uitvoerende sekretaris van Meals on Wheels gesê.
Volgens haar het lede van die publiek hulle geskakel en “enigiets van klere tot kos tot geld” aangebied.
Volgens Coetzee het Meals on Wheels ‘n lang verhouding met die Pieter Wessels-tehuis vir bejaardes in Nigel.
17 mense is dood en meer as 80 mense is haweloos nadat die brand Sondagaand by die tehuis uitgebreek het.
‘n 18de persoon is dood weens ‘n hartaanval nadat die persoon gered is.
Die oorsaak van die brand word ondersoek.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA