Teenstanders van inligtingswet ‘is dom, liberale snobs’

2011-12-03 09:01
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die aandrang op ’n openbarebelang-verweer in die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting is niks anders as “dom, liberale snobisme” nie.

Dít is die mening van dr. Mathole Motshekga, ANC-hoofsweep, in die aanlyn-nuusbrief van die regerende party, ANC Today.

Volgens Motshekga is “openbare belang” in die konteks van die wetsontwerp “ongeloofwaardig, onlogies, onduidelik, arbitrêr, vaag en elasties”.

“Die voorstanders daarvan het geen duidelike, streng definisie aangebied oor presies waarop dié kwansuis prysenswaardige konsep van toepassing is nie.

“Die voorstanders veronderstel dat openbare belang van toepassing is teen dit wat hulle verafsku. Dit is niks anders as dom, liberale snobisme nie.”

Volgens Motshekga was en is die ANC se mening steeds dat die insluiting van só ’n klousule in die vorm waarin dit voorgestel is en waarvoor in die media voorbrand gemaak is, Suid-Afrika die enigste staat ter wêreld sonder staatsveiligheid sal maak.

“Met ander woorde, die insluiting van die klousule sal die staat se magte verswak om aandag te gee aan die onwettige besit van geklassifiseerde staatsinligting.

“Ek is nie bewus van enige land wat enigiemand anders as gekeurde inligtingsagente toelaat om geklassifiseerde materiaal te besit nie.”

Intussen beoog die tweede parlementêre ad hoc-komitee oor dié wetsontwerp om sy werksaamhede in April aanstaande jaar af te handel. Altesaam 15 LP’s sal dien in dié komitee van die Nasionale Raad van Provinsies. Hiervan is tien ANC-LP’s, twee van die DA en een elk van Cope, die IVP en die OD.

Die ANC-lede is Reseriti Tau, Siphiwe Mazosiwe, Lewis Nzimande, Harry Mofokeng, Amos Matila en Teboho Chaane, asook Nosipho Ntwanambi, Grace Boroto, Daphne Rantho en Masefako Dikgale. Alf Lees en Darryl Worth sal die DA verteenwoordig.

Die ander lede is Dennis Bloem (Cope), Prince Zulu (IVP) en Johannes Gunda (OD). Die Nasionale Vergadering het die wetsontwerp onlangs met 229 stemme teenoor 107 aanvaar.

Volg Nuus24 op Twitter.

 

- Die Burger

Lees meer oor: anc  |  inligtingswet

Lewer kommentaar op hierdie artikel
30 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

raymond.merwe sê... Daar is meer as een probleem hier. Eerstens is die vakbonde die oorsaak dat besighede en fabrieke sluit agv minimum loon en stakings. Dan is daar BEE en "entitlement" Die werk etiek van betaande werkers spoor niemand aan om uit te brei nie. Al die swart magnate wat hulle geld met n kortpad gekry stel nie belang om deel te wees van die werkskepping in die ekonomie nie vandaar die invoere vanaf China ens. Ons moet onderskei tussen werkskepping en "handouts". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2005
R 135,995.00

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition 3-dr Dsl
2007
R 230,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.