Te veel hoës, te min sitplek

2010-05-23 12:59
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Fifa het met ’n diplomatieke nagmerrie te make nadat pres. Jacob Zuma meer staatshoofde en hul gades na die opening van die WB 2010 genooi het as wat die BBBP-losies – vir baie baie belangrike persone – by Soccer City kan huisves.

Zuma het ook ’n krisis op hande om al die staatshoofde en hul gades te huisves omdat daar ’n tekort aan verblyf is.

Fifa het bykans al die verblyf wat gewoonlik deur besoekende staatshoofde en regeringsamptenare gebruik word, reeds bespreek.

Zuma se gaste kan moontlik ook verleë rondstaan omdat sommiges dalk nie eens by die BBBP-losies sal kan uitkom nie weens ’n tekort aan sitplekke.

Hooggeplaaste regeringsbronne het aan City Press gesê 50 van die 52 Afrika-staatshoofde het reeds ’n uitnodiging na die WB 2010 aanvaar.

Zuma self wil ook sy drie vroue, mevv. Sizakele Khumalo, Nompumelo Ntuli en Thobeka Madiba, asook sy verloofde, Gloria Ngema, by die opening hê.

Die presidensiële losie waar die BBBP’s sit, kan net 120 gaste huisves, terwyl die BBP-losie 600 mense kan akkommodeer. Albei dié losies word egter op ’n 50/50-basis tussen Fifa en die plaaslike reëlingskomitee gedeel.

Van die staatshoofde sal moontlik “gedemoveer” moet word na die minder belangrike BBP-losie. Die BBBP-losie sal gasheer wees vir Zuma, die Mexikaanse president, Felipe Calderón, en die Fifa-president, Sepp Blatter.

Volgens die bronne veroorsaak Zuma se aandrang dat al vier vroue in sy lewe daar moet wees ’n verdere logistieke probleem aangesien praktyk vereis dat staatshoofde se vroue direk agter hul mans sit by die openingseremonie.

Fifa-protokol vereis dat Zuma langs Calderón sit, aangesien Suid-Afrika teen Mexiko tydens die openingswedstryd speel.
Die Mexikaanse presidentsvrou, Margirita Zavala, sal agter haar man sit. Organiseerders moet nou ’n spesiale verhoog aanbring om die vier vroue in Zuma se lewe agter hom te akkommodeer.

Onbevestigde berigte doen ook die rondte dat oudpres. Nelson Mandela teenwoordig sal wees en dan tussen Zuma en Calderón sal moet sit. Oudpres. Thabo Mbeki het ook aangedui dat hy daar sal wees en aan die ander kant van Calderón sit.

Nog BBBP’s wat kopsere veroorsaak, is die Amerikaanse visepresident, Joe Biden, wat ’n gevolg van 300 wil saambring.

Die organiseerders sê hulle het in dié geval hul hande in onskuld gewas en die Amerikaanse ambassade versoek om vir Biden en sy gevolg te sorg.

Dit kon ook erger gewees het: pres. Barack Obama reis gewoonlik met ’n gevolg van 3 000 mense.

Winnie Madikizela-Mandela het ook haar voet neergesit en dring daarop aan om 25 kaartjies te kry en nie net die ses wat aan haar gegee is nie.

Mnr. Vincent Magwenya, Zuma se woordvoerder, wou nie kommentaar lewer oor of Zuma ook die Soedanse president Omar el-Basjhir genooi het nie.

Hoewel Zuma se regering El-Basjhir erken as die wettige president van Soedan, sal hy hom moet arresteer as hy in SA aankom. 

- Rapport

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

raymond.merwe sê... Daar is meer as een probleem hier. Eerstens is die vakbonde die oorsaak dat besighede en fabrieke sluit agv minimum loon en stakings. Dan is daar BEE en "entitlement" Die werk etiek van betaande werkers spoor niemand aan om uit te brei nie. Al die swart magnate wat hulle geld met n kortpad gekry stel nie belang om deel te wees van die werkskepping in die ekonomie nie vandaar die invoere vanaf China ens. Ons moet onderskei tussen werkskepping en "handouts". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2005
R 135,995.00

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition 3-dr Dsl
2007
R 230,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.