Te koop: leierskap van die ANC-jeugliga

2011-06-12 08:04
Tweets Share Share line Print

Julius Malema (Foto24)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die ANC-jeugliga is ’n invloedryke drukgroep binne die regerende party – en ook ’n geldmaakmasjien soos min vir sy lede.

Vra maar vir Julius Malema­. ’n Jaar nadat Malema in 2008 die president van die jeugliga geword­ het, het hy ’n maandelikse salaris van sowat R42 000 verdien­.

Hy het egter baie meer rojaal geleef­ as wat sy salaris ’n mens sou laat verwag – en vrae het ontstaan oor waar die geld vir dié leefstyl vandaan gekom het.

Een antwoord is glo SGL, ’n ingenieurs­firma waarby Malema betrek word.

SGL en sy sustermaatskappye het na bewering tenders losgeslaan danksy Malema se politieke posisie.

Onlangs het Malema se neef, Tshepo Malema, ’n tender van R44 miljoen gekry sonder om die regte prosedures te volg.

Daar word nou beweer dat dié tender Malema se veldtog om weer as jeugleier verkies te word, moet finansier. Die leierskapverkiesing vind plaas op die jeugliga-kongres wat Donderdag in Midrand­ begin.

Volgens City Press, Rapport se susterkoerant, se inligting moet ’n leierskapkandidaat van die ANC-jeugliga bereid wees om tot R30 miljoen te bestee om stemme­ binne die jeugliga te koop.

Ook Pule Mabe, tesourier van die jeugliga, lag al die pad bank toe. Ses maande nadat hy as ’n werker­ weg is by Metrorail het sy maatskappy, KG Media, ’n gratis­ koerant begin wat aan pende­laars versprei word.

Dié koerant is aan hom toegeken sonder dat enige tenderprosedures gevolg­ is. Pule verdien baie geld uit die koerant se advertensieverkope.

Die nasionale jeugontwikkelingsagentskap (NYDA) en sy provin­siale adviesrade – waarvan jeugligalede en hul vriende die personeel­korps uitmaak – is nóg ’n storie.

Andile Lungisa, Malema se adjunk en hoof van NYDA, verdien­ R800 000 per jaar.

Steven Ngobeni, uitvoe­rende hoof van NYDA en adjunk-­sekretaris-generaal van die jeug­liga, verdien R1,8 miljoen per jaar.

Verder is die 63 lede van die provin­siale adviesrade ook jeug­liga-lede en elke provin­siale voorsitter verdien R700 000 per jaar en hul adjunkte R500 000.

Stemafgevaardigdes by die jeugliga se kieskongresse kry dikwels omkoopgeld van tot R100 000 per persoon om vir iemand te stem, het voormalige jeugleiers aan City Press­ gesê.

Sowat 13 leiers van oor ­Limpo­po heen­ wat deelgeneem het aan die 2008-kongres in Mangaung en verlede jaar se provinsiale kongres in Makhado sê nasionale presidensiële kandidate samel gewoonlik sowat R30 miljoen in nét om stemme te koop.

Volgens hulle word die geld gebruik­ om “geskenke” te koop vir invloedryke takvoorsitters en ander­ provinsiale leiers wat vir hulle stemme kan inoes.

Een leier, wat persoonlik gehelp het om afgevaardigdes in Man­gaung­ om te koop, sê: “Ons gee elke afgevaardigde tot R5 000 per dag vir vermaak.

“As jy ’n hoof-stemwerwer is by ’n nasionale kongres, kan jy tot R100 000 verdien as jy 50 afgevaardigdes se stemme inbring. Om ’n nasionale jeugligakongres te wen, het jy sowat R30 miljoen­ nodig. Dit is duur.”

- Volg Nuus24 op Twitter.

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

raymond.merwe sê... Daar is meer as een probleem hier. Eerstens is die vakbonde die oorsaak dat besighede en fabrieke sluit agv minimum loon en stakings. Dan is daar BEE en "entitlement" Die werk etiek van betaande werkers spoor niemand aan om uit te brei nie. Al die swart magnate wat hulle geld met n kortpad gekry stel nie belang om deel te wees van die werkskepping in die ekonomie nie vandaar die invoere vanaf China ens. Ons moet onderskei tussen werkskepping en "handouts". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2005
R 135,995.00

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition 3-dr Dsl
2007
R 230,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.