Te koop: Gandhi se huis
2009-07-31 14:00
Johannesburg- Mahatma Gandhi se vorige huis in ‘n stil woonbuurt in Johannesburg lok hordes kopers.
Volgens die huidige eienaar, Nancy Ball, is sy oorval deur belangstellendes wat die huis wil aankoop.
Ball het die eiendom op die mark gesit nadat sy gesukkel het om ‘n koper te kry wat bereid was om die erfenis daarvan te behou.
Die huis het vroeër aan die spirituele leier, Mahatma Gandhi, behoort.
Aanbiedings stroom nou in vanaf persone wat dié geskiedkundige woning in die Orchird woonbuurt wil besit.
“Hierdie huis het so bekend soos Susan Boyle geraak. Ek kry selfs oproepe van belangstellendes in Indië,” het Ball gesê.
–Sapa