Taxi’s ná slagting vasgevat

2011-12-12 07:35
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – Alle minibus-taxi’s wat voortaan deur die Vrystaat ry, sal deur die polisie afgetrek word en die bestuurder sal in hegtenis geneem word as die taxi oorlaai is.

Só sê Butana Komphela, Vrystaatse LUR vir polisie, paaie en vervoer, ná die grusame botsing naby Harrismith waarin 30 mense dood is.

“Ek het gister die opdrag aan die provinsiale polisiekommissaris gegee. Al is daar net één persoon te veel in die taxi, sal die bestuurder in hegtenis geneem word.”

Chaos het Saterdag en Sondag in die Thebe-hospitaal op Harri­smith geheers toe sewe oorlewendes van die botsing in dié hospitaal behandel moes word.

Onder die oorlewendes is ’n 18 maande oue baba wat verskeie frakture opgedoen het en Sondag deur City Press as die “wonderwerk-baba” beskryf is.

Dié seuntjie is Sondag met veelvoudige frakture na die Manapo-streekhospitaal in Qwaqwa oorgeplaas. Hospitaalpersoneel is erg bekommerd oor hom. Niemand kon bevestig of sy ouers onder die oorledenes is nie.

Die ongeluk was Saterdag omstreeks 03:00 toe ’n oorlaaide minibus reg van voor teen ’n vragmotor gebots het.

Volgens sers. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, het die taxi 35 passasiers vervoer, 12 meer as die toegelate 23.

Die bestuurder het glo beheer oor die taxi verloor en om ’n draai teen die vragmotor gebots.

Die taxi was glo van Rustenburg in Noordwes na Tsolo in die Oos-Kaap onderweg.

Ses van die oorlewendes is ernstig beseer en na ander hospitale in die provinsie, onder meer die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein en die Qwaqwa-hospitaal, oorgeplaas.

Nico van Burick van Landbouweekblad het verby die ongelukstoneel gery en gesê dit het soos ’n slagveld gelyk.

“Dooie hoenders en besittings van die insittendes het gestrooi gelê,” het Van Burick gesê.

Tien kinders van verskeie ouderdomme was onder die oorledenes. ’n Passasier van die vragmotor is ook oorlede.

Die vragmotorbestuurder, Bheki Dladla, is ook beseer, maar is intussen ontslaan.

Die ongeluk, wat deur nooddienswerkers as van die grusaamste nóg beskryf is, kom enkele dae ná die begin van die veldtog Kom Veilig Daar.

Die minister van vervoer, Sibusiso Ndebele, het in ’n verklaring sy meegevoel met die oorledenes se familie uitgespreek.

“Sedert 28 November is 21 383 boetes uitgereik en 220 motoriste in hegtenis geneem vir verskeie oortredings,” lui die verklaring.

Komphela het gesê verkeersbeamptes en die polisie het opdrag gekry om bestuurders te ondervra oor hoe lank hulle aaneen ry.

“As ’n bestuurder langer as twee uur of 200 km aaneen ry, sal hy gedwing word om te rus en mag hy nie verder ry nie,” het Komphela gesê.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: padveiligheid  |  ongelukke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
34 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

raymond.merwe sê... Daar is meer as een probleem hier. Eerstens is die vakbonde die oorsaak dat besighede en fabrieke sluit agv minimum loon en stakings. Dan is daar BEE en "entitlement" Die werk etiek van betaande werkers spoor niemand aan om uit te brei nie. Al die swart magnate wat hulle geld met n kortpad gekry stel nie belang om deel te wees van die werkskepping in die ekonomie nie vandaar die invoere vanaf China ens. Ons moet onderskei tussen werkskepping en "handouts". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2005
R 135,995.00

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition 3-dr Dsl
2007
R 230,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.