Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Taximan ry ook kind om

2011-09-24 09:02
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - ’n Sewejarige seun het moontlik breinskade nadat die taxibestuurder wat ’n Johannesburgse advokaat onlangs glo honderde meters ver gesleep het hom twee maande gelede raak gery het.

Matome Thamage (30) het Vrydagoggend in ’n beëdigde verklaring aan ’n prokureursfirma wat namens die Padongelukkefonds (POF) optree, erken hy het Omphemetse Edward Mathobela op 19 Julie in Diepsloot, noord van Johannesburg, raak gery.

Luidens mediese verslae in Beeld se besit het die kind skedelbreuk opgedoen.

In dieselfde verklaring het Thamage ook erken hy is in aanhouding omdat hy adv. Kim McCusker (25) raak gery het.

Hy het die verklaring afgelê voordat sy borgtog van R5 000, wat Donderdag aan hom toegestaan is, betaal is en hy vrygelaat is.

Hy moet in November weer vir die McCusker-saak in die Randburgse landdroshof verskyn.

Die POF is betrek weens ’n mediese eis van die Steve Biko-hospitaal in Pretoria waar ­Omphemetse geopereer is om bloeding op die brein te verlig.

Luidens sy verklaring het Thamage weggetrek nadat hy passasiers opgelaai het.

Hy het ’n slag gehoor, waarna hy stilgehou het om ondersoek in te stel.

Die skoolkind het langs die taxi se linkervoorwiel gelê.

“Die voetganger (Omphemetse) is aan die kop beseer, maar daar was geen wond nie,” lui die verklaring.

“Hy het vir my gesê hy het pyn en daar het bloed by sy neus uitgekom.”

Thamage het Omphemetse na die brandweerstasie geneem en daar die seuntjie se oupa, Herman Mathobela, gebel.

Die seun is daarna in die Kala­fong-hospitaal in Atteridgeville, wes van Pretoria, opgeneem.

Luidens Thamage se verklaring het die polisie nooit die saak ondersoek of sy verklaring geneem nie, al het hy die ongeluk self by die Diepsloot-polisiekantoor aangemeld.

Konst. Naudé Mathe, ondersoekbeampte in die McCusker-saak, het Woensdag getuig Thamage word nie in ander straf­sake vervolg nie.

Ao. Balan Muthan, polisiewoordvoerder, het gesê die ondersoekbeampte wag nog op die uitslae van Thamage se vinger­afdrukke, wat volgens hom ’n ruk kan duur, voordat hulle sal weet van vorige veroordelings waarin Thamage met ’n motor betrokke was.

Omphemetse is in die sorg van sy oupa, wat in Diepsloot woon.

Sy ma, Ruth Mathobela, is ’n leerlingverpleegster in die Cosmos-hospitaal by eMalahleni (Witbank).

“Die aand van my seun se ongeluk was ek ontsettend geskok,” het me. Mathobela aan Beeld gesê.

“Ek het die hele nag deur gehuil en niks geslaap nie. Ek kan nie glo hy het nóg iemand raak gery nie.”

Volgens me. Mathobela moet Omphemetse volgende week na die Steve Biko-hospitaal in Pretoria terugkeer.

“Die dokters het gesê Omphemetse het bloeding en water op die brein van die ongeluk en sal waarskynlik breinskade oorhou.

“Dié bloederigheid is op 17 Augustus in ’n operasie gedreineer, maar nou moet hy teruggaan. Ek het nie geld nie,” het sy in trane gesê.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: kim mccusker  |  taxi's
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Welkom by Nuus24,

die enigste webwerf vir ontvouende nuus in Afrikaans. Kry die varsste blik op sake rakende SA, die wêreld, sport, vermaak, tegnologie en meer, soos dit plaasvind.

www.Nuus24.com

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Piet Geldenhuys sê... Legens Reddering is 'n godslasterlikke psigopaat! Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
  • Thursday Bethlehem - 07:12 AM
    Road name: R76
    ROADWORKS - stop / go controls between Bethlehem and Lindley
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Sylvia Day se Entwined with You

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Maak onvergeetlike oomblikke joune op DVD en Blu-ray

Ongelooflike winskopie-aanbod – twee vir R99, vir ’n DVD of Blu-ray. Maak onvergeetlike oomblikke in rolprente deel van jou versameling. Koop nou!

Sensasionele besparing op speletjies, nabootsers – bespaar tot 25%

Moenie hierdie fantastiese spesiale aanbod misloop nie: vlieg vliegtuie, wees in beheer van ’n polisiemag in die grootste stede en nog veel meer. Moenie talm nie – die aanbod is net geldig vir ’n beperkte tyd en solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Uitverkoping van huisware – bespaar tot R1000

Daar kan kwalik ’n beter aanbod wees. Bespaar tot R1000 op uitgesoekte toerusting en huisware-produkte. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.