Taxibestuurder vas vir 10 kinders se dood
2010-08-29 22:00
Kaapstad - Die taxibestuurder, wat verantwoordelik was vir 'n ongeluk waarin tien kinders dood is nadat die taxi deur ‘n trein getref is, is Sondag in hegtenis geneem, het die Kaapstadse polisie Sondag gesê.
Volgens kol. Billy Jones is die 55-jarige taxibestuurder, wat Woensdag in Blackheath teen ‘n trein gebots het, Sondag omstreeks 15:00 uit die hospitaal ontslaan.
“Hy is onmiddellik deur die polisie in hegtenis geneem,” het Jones gesê.
Hy sal na verwagting Dinsdag in die Blue Downs Landdroshof verskyn op aanklagte van strafbare manslag.
Die ongeluk het gebeur toe hy verby motors gejaag het in 'n poging om vinnig 'n treinoorgang oor te steek.
Nege kinders is op die toneel dood, terwyl 'n tiende kind later in die hospitaal oorlede is.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA