Taxibestuurder sterf in padwoede-aanval
2011-06-20 11:07
Johannesburg – 'n Taxibestuurder is vermoedelik in 'n padwoede-aanval deur 'n sekuriteitswag doodgeskiet, het The Star Maandag berig.
Zakhele Tshabalala (39) het glo 'n sekuriteitsvoertuig naby Mdlalosestraat in Protea Glen afgesny toe die voertuig tot stilstand kom.
Die bestuurder van die voertuig het toe na die bestuurskant van die Toyata Quantum gestap, sy pistool uitgehaal en Tshabalala in die kop en borskas geskiet.
Die man het ook 'n insittende in die taxi gewond. Tshabalala is op slag dood en sy passasier is in 'n kritieke toestand in die hospitaal.
Kay Makhubele, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie probeer die omstandighede rondom Tshabalala se dood vasstel.
Niemand is in hegtenis geneem nie.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA