Taxibestuurder glo deur passasier doodgeskiet
2011-11-04 14:14
Johannesburg – ‘n Taxibestuurder is glo deur een van sy passasiers in Alice in die Oos-Kaap doodgeskiet, het die polisie gesê.
“Die taxi was Donderdag op pad na ‘n stopplek toe een van die passasiers die bestuurder gevra het om die kattebak oop te maak sodat hy sy bagasie kan uithaal,” het kapt. Ernest Sigobe gesê.
“Die bestuurder het die kattebak oopgemaak en die passasier het verskeie skote afgevuur,” het hy gesê.
Die bestuurder is op die toneel dood.
“Ons ondersoek nog die motief vir die skietery,” het Sigobe gesê.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA