Taxibestuurder doodgeskiet
2011-09-06 19:54
Johannesburg – ‘n Taxibestuurder is Dinsdag in Elsiesrivier in Kaapstad doodgeskiet, het die polisie gesê.
Die bestuurder het omstreeks 10:00 passasiers afgelaai in Haltweg toe ‘n man na sy voertuig gestap en hom verskeie keer geskiet het, het kapt. Frederick van Wyk gesê.
Die bestuurder het toe probeer om weg te jaag terwyl die aanvaller nog skote deur die venster afgevuur het. Die minibus-taxi het teen vyf geparkeerde motors gebots, terwyl die man aanhou skiet het. Die aanvaller het weggehardloop en die bestuurder is op die toneel dood.
“Die motief vir die moord is nie in hierdie stadium bekend nie, maar die moontlikheid dat dit bendeverwant is, sal ondersoek word," het Van Wyk gesê.
‘n Saak van moord word ondersoek.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA