Taxibedryf verloor miljoene weens staking
2011-07-19 10:03
Johannesburg – Die taxibedryf ly daaglikse verliese van tot R2 miljoen weens die staking in die chemiese- en petroleumbedryf – en dié bedrag kan verdriedubbel, het die Suid-Afrikaanse Taxi-raad volgens RSG gesê.
Vakbonde wat werkers in die chemiese- en petroleumsektor verteenwoordig, is intussen besig om 'n hersiene salarisverhogingsaanbod te bestudeer.
Solidariteit sê die werkgewer het 'n aanbod van tussen 8% en 10% gemaak, afhangend van posvlakke. 'n Woordvoerder van die vakbond, Dirk Hermann sê samesprekings sal Dinsdag voortgaan.
Sowat 70 000 werkers het verlede Maandag begin staak. Solidariteit het hom Maandag by die staking aangesluit.
– RSG
– Volg Nuus24 op Twitter