Taxi-vrou dalk Kersfees tuis
2011-11-26 12:41
Johannesburg – Die familie van 'n jong Johannesburgse advokaat wat twee maande gelede in Lonehill deur 'n taxi getref en toe gesleep is, het gesê sy kan moontlik voor Kersfees ontslaan word, het die Saturday Star berig.
Kim McCusker se suster, Julia, het aan die Saturday Star gesê "Kimmy doen goed" en dat al haar operasies suksesvol was.
McCusker is ná die voorval in September in die Fourways Life Hospital Clinic se hoësorgeenheid opgeneem en het verskeie operasies ondergaan, insluitend veloorplantings.
"Sy het onlangs haar beweeglikheid teruggekry met die gebruik van 'n rug- en beenharnas, sowel as krukke. Dis 'n baie groot stap wat kan help dat sy ontslaan word," het Julia gesê.
McCusker is deur Matome Thamage se taxi getref ná dit byna in die voertuig vasgery het waarin sy en haar verloofde, Lourens Grobler, gesit het.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA