Taxi-man glo talle kere só oor treinspoor

2010-08-29 06:42
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Die taxibestuurder wat die bussie bestuur het waarin tien kinders gesterf het toe hy voor ’n trein ingejaag het, het gereeld die waarskuwingstekens en val­boom by dié spooroorgang geïgnoreer.

Een van slegs vier kinders wat dié grusame ongeluk oorleef het, het Vrydag vertel hoe Jacob Humphreys “byna elke oggend” op soortgelyke wyse tussen die valbome, wat slegs die helfte van die pad afsper, deurgevleg het.

Luciano de Koker (16) sê dit was daarom nie vir hulle snaaks toe Humphreys Woensdagoggend wéér verby die ry motors gejaag het wat reeds by die valboom in Buttskopweg in Blackheath naby Bellville gewag het nie.

“Ons almal kon daai oggend sien hoe naby die trein was.”

Luciano sê al wat hy van die oomblikke vóór die ongeluk onthou, is hoe stil dit in die taxi was.

“Niemand het eens geskreeu nie.”

Luciano se sussie, die 11-jarige Michaelien, wat agter in die taxi langs ’n maatjie gesit het, is op slag dood.

“Dis ’n miracle dat ek oorleef het. Ek kan dit nog nie glo nie.”

Humphreys, wat tans in die Netcare Kuilsrivier-hospitaal aansterk, word nou deur tien klagte van strafbare manslag in die gesig gestaar.

Die polisie sê dié klagte kan in moord verander word as ’n element van opset in sy optrede aanwesig was.

Sy vrou, Lynn, het Vrydag gesê haar man “se hart is dood van die pyn vir die kinders”.

“Hy trek swaar en praat niks. Die dood van die kinders is alles baie hartseer. Dis ’n swart tyd vir ons familie, maar ons vertrou op die Here.”

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

karl.speer.5 sê... Elke revolusie is uniek maar die swakheid van die regering is altyd die primêre oorsaak. As 'n regering nie wét en orde kan handhaaf nie dan is hy power. Gewoonlik sal so 'n power regering eers te sag optree, dan te streng optree, onder druk swig en toegewings maak maar dan weier om na regverdige klagtes en besware te luister. ‘n Regering wat bykans geen beleid het nie, lukraak regeer, ‘n land ekonomies ten gronde laat gaan, met swak amptenare regeer, korrupsie van die amptenary en die regering self toelaat is inderdaad 'n power regering. Die stappe wat die regering in SA tans doen beteken net soveel as 'n bewys wat in reën water geskryf is. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2005
R 135,995.00

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition 3-dr Dsl
2007
R 230,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.