'Talle vrae oor Leigh-moord nog onbeantwoord'

2012-02-02 06:56
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Daar is steeds talle onbeantwoorde vrae oor die moord op me. Leigh Matthews, het haar ouers Woensdag gesê nadat haar moordenaar se aansoek om ’n herverhoor van die hand gewys is.

“Ons sal graag wil weet waar sy daardie 12dae was, maar hy (Donovan Moodley) sal seker nooit vir ons sê nie,” het Sharon Matthews gesê.

Regter Joop Labuschagne het in sy uitspraak in die hooggeregshof in Johannesburg gesê Moodley se “ware storie” oor Matthews se moord is deurspek met onwaarskynlikhede en is ’n desperate poging van ’n man wat voel hoe die “skoen knyp in sy huidige omstandighede”.

Moodley het oorspronklik skuld beken op aanklagte van menseroof en moord op Matthews en die afpersing van haar pa, Rob.

Hy het Matthews op 9 Julie 2004 by die Bond-universiteit in Sandton ontvoer. Haar lyk is op 21 Julie by Walkerville, suid van Johannesburg, gekry.

Verlede week het Moodley aangevoer hy het gelieg omdat brig. Piet Byleveld, ondersoekbeampte in die saak, hom gedwing het om ’n bekentenis af te lê. Hy het ook aangevoer die ondersoek is gedokter sodat niemand die “ware storie” sou hoor nie.

Die waarheid is volgens Moodley dat drie dwelmsmouse hom gedreig het om by Matthews se ontvoering betrokke te raak en dat hy moes toekyk hoe een van hulle, slegs bekend as Jemba, haar doodskiet.

Labuschagne het gevra: “Hoekom sou die gevaarlike drie dwelmsmouse juis Moodley nader om hulle met ’n ontvoering by te staan? Hoekom sou die drie mans me. Matthews voor Moodley doodmaak en hom eenvoudig vrylaat? Met van dié feite kan ek net vind dat Moodley se weergawe van die drie dwelmhandelaars onwaar is.”

Labuschagne het bevind dat Moodley se huidige aansoek, wat vyfjaar en 348 dae ná sy skuldigbevinding gebring is, jare te laat is. “Na my mening is die aansoek ’n desperate poging deur Moodley, nie om die waarheid te ontbloot nie, maar eerder om daarvan weg te hardloop.”

Ná die uitspraak het Moodley sy ma, Mary, gesoen en weer terug na die aanhoudingselle ge­stap.

Byleveld het ná die uitspraak gesê: “Die saak sal altyd onbeantwoorde vrae hê.”

Hy is bereid om die ondersoek enige tyd te hervat indien nuwe inligting na vore kom.

Advv. Zaais van Zyl, staatsaanklaer, en Mthunzi Mhaga, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, het bevestig dat ’n provinsiale span speurders nou ondersoek instel of ander mense by die moord betrokke was.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

karl.speer.5 sê... Elke revolusie is uniek maar die swakheid van die regering is altyd die primêre oorsaak. As 'n regering nie wét en orde kan handhaaf nie dan is hy power. Gewoonlik sal so 'n power regering eers te sag optree, dan te streng optree, onder druk swig en toegewings maak maar dan weier om na regverdige klagtes en besware te luister. ‘n Regering wat bykans geen beleid het nie, lukraak regeer, ‘n land ekonomies ten gronde laat gaan, met swak amptenare regeer, korrupsie van die amptenary en die regering self toelaat is inderdaad 'n power regering. Die stappe wat die regering in SA tans doen beteken net soveel as 'n bewys wat in reën water geskryf is. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2005
R 135,995.00

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition 3-dr Dsl
2007
R 230,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.