Talle uit water gered ná donderstorms in Jhb

2011-03-21 07:09
Tweets Share Share line Print

Toe ’n Gautengse polisieman twee kindertjies hoor skreeu, is hy die kolkende vloedwater in om hulle na veiligheid te bring.

Dit was een van die dramatiese tonele wat hulle afgespeel het toe verskeie mense ná gistermiddag se donderstorms oor Johannesburg uit vloedwater onder ’n treinbrug in Soweto gered is.

“Ek het self twee kinders en het nie twee keer gedink nie,” het ao. Paul Fern, sektorpolisiëringsbeampte van die Florida-polisiekantoor aan die Wes-Rand, gister aan Beeld vertel.

Die drama het begin toe Sipho Mazibuko (42), Sipho Majola (51) en Dlomo Ntozakhe met Mazibuko se wit Nissan Hi-Rider-bakkie in Canadaweg uit Soweto op pad in die rigting van Johannesburg was.

Hulle het ’n taxi gesien wat onder ’n treinbrug vasgesit het.

Die taxibestuurder was bo-op die taxi se dak.

“Die taxibestuurder het my gevra om hom te help. Mense het binne die taxi geskree terwyl die water bly opstoot!” het Mazibuko gesê.

Mazibuko het met sy bakkie tot voor die taxi ingery, wat toe self gestol en vasgesit het.

Mazibuko en Majola wou die bakkie nog uit die water stoot toe dit skielik baie harder begin reën en die stormwatervlak vinnig gestyg het.

Hulle was toe self in die moeilikheid.

Ntozakhe, wat nie kan swem nie, het deur ’n venster uit die bakkie se kajuit geklim en ’n paal vasgegryp en bly klou.

Mazibuko en Majola het toe agter op die bak geklim.

Ook hulle het geklou vir wat hulle werd is terwyl die stroom die bakkie sowat 200 m ver meegesleur het.

“Die water het tot onder ons nekke opgestoot. Toe ons nader aan die treinbrug kom het ons aan die ysterstellasies gegryp.

Die bakkie het diep onder die water verdwyn,” het Mazibuko vertel.

Nooddienswerkers van Johannesburg het opgedaag en die mense in die taxi en die taxibestuurder gered.

Hulle het ’n tou na Mazibuko en Majola uitgegooi, waarmee die mans hulle moes vasmaak.

Hulle is daarna opgehys en gered.

Teen dié tyd het Themba Tsotetsi van Klipspruit saam met sy pa (naam onbekend) en sy dogter, Lwandile (8), en sy seun, Ntando (4), reeds ook met húl Isuzu-bakkie in die water vasgesit.

Toe Fern op die toneel opdaag en die kinders hoor skree, het hy ingespring en eers Ntando na veiligheid gedra en drie keer teruggegaan om Lwandile, toe haar oupa en toe haar pa te gaan haal.

Nana Radebe, woordvoerder van Johannesburg se nooddienste, sê terwyl reddingswerkers saam met Netcare 911 mense uit die water gered het, het Ntozakhe steeds vir al wat hy werd is aan die paal vasgeklou.

Reddingswerkers van Johannesburg se waterreddingspan het opgedaag en Ntozakhe met ’n tou uit die sterk waterstroom getrek.

Ntozakhe is na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto gebring waar hy volgens Radebe vir koors en ontbering behandel is.

Die Nissan-bakkie het heeltemal onder die water verdwyn.

Hoewel niemand dood of ernstig beseer is nie, sê Mazibuko dit was ’n groot terugslag vir hom.

“Ek is nie oukei nie. My bakkie is steeds onder die water met al my goed in.”

- Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: johannesburg  |  reddings  |  vloede  |  reën

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

karl.speer.5 sê... Elke revolusie is uniek maar die swakheid van die regering is altyd die primêre oorsaak. As 'n regering nie wét en orde kan handhaaf nie dan is hy power. Gewoonlik sal so 'n power regering eers te sag optree, dan te streng optree, onder druk swig en toegewings maak maar dan weier om na regverdige klagtes en besware te luister. ‘n Regering wat bykans geen beleid het nie, lukraak regeer, ‘n land ekonomies ten gronde laat gaan, met swak amptenare regeer, korrupsie van die amptenary en die regering self toelaat is inderdaad 'n power regering. Die stappe wat die regering in SA tans doen beteken net soveel as 'n bewys wat in reën water geskryf is. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2005
R 135,995.00

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition 3-dr Dsl
2007
R 230,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.