Talle tronkvoëls loop dalk gou vry

2011-08-14 08:05
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die tronkdeure kan dalk binnekort oopgaan vir duisende gevangenes wat tans lewenslange vonnisse uitdien weens moord en ander ern­stige misdade.

Altesame 361 “lifers”, soos hulle in die tronkstelsel bekend staan, word met onmiddellike effek vir parool oorweeg, luidens ’n interne memorandum van die departement van korrektiewe dienste wat Rapport die afgelope week gesien het.

Teoreties kan berugte gevangenes soos Eugène de Kock, Vlakplaas-bevelvoerder; Jano en Riku Nortjé, die “tasmoord”-broers; en Stewart “Boetie Boer” Wilken, Oos-Kaapse reeksmoordenaar, dus vrygelaat word.

Ook Ferdi Barnard, operateur van die berugte Burgerlike Samewerkingsburo (BSB) wat in 1998 skuldig bevind is aan die moord op die aktivis dr. David Webster, kan in aanmerking kom.

Die nuwe paroolbedeling is van toepassing op misdadigers wat voor Oktober 2004 gevonnis is.

Een van dié “lifers”, Cornelius van Wyk, het verlede maand die hooggeregshof in Pretoria genader oor die “onregverdigheid” dat hulle nie soos ander gevangenes punte ter erkenning van goeie gedrag en vaardigheidskursusse kon verdien nie.

Dié punte verminder prakties die tronkstraftermyn.

Waarnemende regter Jan Hiemstra het dié praktyk ongrondwetlik verklaar. Dit beteken dat Van Wyk en ander gevangenes wat in dié kategorie val nie meer hul volle 20 jaar hoef uit te dien voordat hulle vir parool in aanmerking kan kom nie.

Misdadigers wat deesdae tot lewenslange tronkstraf gevonnis word, moet minstens 25 jaar daarvan uitdien.

Na aanleiding van die uitspraak het korrektiewe dienste sy nuwe beleid in die memorandum uiteengesit en verklaar al dié “lifers” kan outomaties die maksimum aantal punte vir goeie gedrag ontvang. Hulle almal kom dus nou ná 13 jaar vir parool in aanmerking.

Luidens die memorandum moet nog 41 ander “lifers” teen einde Augustus vir parool oorweeg word en nóg 4 267 kort daarna soos wat hul 13 jaar en agt maande verbygaan.

Van die mense wat by die nuwe bedeling sal baat vind, is die eerste terdoodveroordeelde wat die galg vrygespring het toe die doodstraf afgeskaf is. Themba Makwanyane het twee werknemers van die destydse Volkskas-bank en twee polisielede in ’n rooftog vermoor.

Die konstitusionele hof het in 1995 in sy saak die doodstraf afgeskaf en sy vonnis in lewenslange tronkstraf verander. Hy kom onmiddellik vir parool in aanmerking.

In De Kock se geval hoop hy al lank op presidensiële kwytskelding. Nou kan hy vir parool in aanmerking kom omdat die hof destyds gelas het dat sy sewe lewenslange vonnisse en 212 jaar tronkstraf same­lopend uitgedien word.

Regter Chris Jansen het in 1997 vir “Boetie Boer” gesê hy sou hom die doodstraf opgelê het as hy kon weens sy moorde op prostitute en seuns in die Port Elizabeth-omgewing.

Die broers Riku en Jano Nortjé is tot lewenslange tronkstraf gevonnis weens die moord op Engel Bakker (76), ’n familievriend. Hulle het sy lyk in ses dele opgesny, in tasse gepak en dit by ’n trein se venster uitgegooi toe die tasse begin lek het.

Luidens die memorandum van korrektiewe dienste sal die families van die slagoffers egter ook insae in die paroolproses hê en word vry­lating nie gewaarborg nie.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Rapport

Lees meer oor: korrektiewe dienste  |  tronke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
25 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Piet sê... Mens kan dit amper nie glo nie--dink hierdie varkies ons gaan nooit iets daaraan doen nie? Ek is lankal lus om iemand te piets. As jy ook lus is om iemand hard te piets, klik op die thumbs up hieronder. As daar meer as 50 is, sal ek 'n openbare vergadering reel sodat ons wat saamdink, kan saamkom, om saam te doen. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Intermediate .Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Developer

Centurion
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

SONIC 1.4 LS 5DR
2011
R 144,995.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2008
R 255,000.00

FORD

Fiesta 1.6 Ambiente 5-dr AT MY06
2007
R 112,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Ghost Recon Future Soldier

Vanaf: R349.95

Beplan, vernietig, infiltreer. Verloor jouself in die toekoms van oorlogvoering, word 'n Future Soldier met Gost Recon.Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.