Talle paaie in Jhb gesluit
2010-06-12 09:30
Johannesburg – Paaie wat na Ellis Park stadion in Johannesburg lei sal Saterdag van 10:00 af gesluit wees, het die stad se metropolisie gesê.
Die paaie wat geraak sal word is Siemert en Sivewright tussen Beitstraat en die M2-hoofweg, het woordvoerder Wayne Minnaar gesê.
Joe Slovo-rylaan sal ook gesluit wees tussen Abelstraat en Beitstraat, asook Bertramsstraat en Charlton Terrace.
Alle paaie sal weer om 22:00 oopmaak.
Minnaar het motoriste wat op die M2 na die stad ry aanbeveel om die Rissik, Claim of Marketstraat afritte te neem.
Die paaie word gesluit as gevolg van ‘n Wêreldbeker-wedstryd tussen Nigerië en Argentinië.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA