Talle modelle ingeloop, besteel

2011-05-04 08:21
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – Jong Bloemfonteinse modelle is bedrieg en besteel nadat ’n man wat hom voorgedoen het as ’n SAUK-werknemer hulle na Johannesburg gelok het met beloftes van groot geld en roem.

Janné Fouché (20), ’n eerstejaar-sielkundestudent aan die Universiteit van die Vrystaat, Jacqueline Nell, Boipelo Malope en Gaopalelwe Mototo is oudisies aangebied as aanbieders van die musiekprogram Live op SABC1.

Die man, ene Thomas Bester, het die vier, almal van die agentskap Euphoria Model Management, “gekies” ná onderhoude by die plaaslike Adelante-gastehuis.

Hulle is per bus Johannesburg toe en het by die Dalberry-gastehuis in Fourways oornag.

Bester het hulle Sondag geld gevra om vir hul demonstrasievideo’s vir die oudisie te skiet.

Fouché het lont geruik en gesê sy het nie die geld nie. “Toe freak hy heeltemal uit.”

Bester het hulle na die Rosebank-winkelsentrum geneem onder die voorwendsel dat hy vir hulle klere sou koop vir die oudisie.

By die sentrum het hy aangebied om hul skootrekenaars by die gastehuis te gaan haal. Hy het ook gesê hulle moet hul selfone vir hom gee, sodat hulle kon fokus op die oudisie. Bester het toe verdwyn met hul selfone, kontant en skootrekenaars.

Volgens Fouché kon hulle vriende en familie kontak om hulle te kom haal. Hulle het ook die voorval by die Rosebank-polisiekantoor aangemeld.

Joanita Rheeder, eienaar van die Euphoria Model Management, het gister gesê Bester het eerstehandse kennis van die bedryf.

Sy kon hom Dinsdagoggend op sy selfoon in die hande kry, waarna hy vir haar ’n SMS gestuur het met die boodskap “F** jou”.
Bester het nie die twee gastehuise se rekenings betaal nie.

Vukile Madlala, publisiteitsbestuurder van SABC1, het gesê hulle weet nie van die voorval nie. “Mense moet onthou, as ons aanbieders soek vir ’n program, sal ons dit in die media aankondig.”

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: bedrog  |  modelle

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

karl.speer.5 sê... Elke revolusie is uniek maar die swakheid van die regering is altyd die primêre oorsaak. As 'n regering nie wét en orde kan handhaaf nie dan is hy power. Gewoonlik sal so 'n power regering eers te sag optree, dan te streng optree, onder druk swig en toegewings maak maar dan weier om na regverdige klagtes en besware te luister. ‘n Regering wat bykans geen beleid het nie, lukraak regeer, ‘n land ekonomies ten gronde laat gaan, met swak amptenare regeer, korrupsie van die amptenary en die regering self toelaat is inderdaad 'n power regering. Die stappe wat die regering in SA tans doen beteken net soveel as 'n bewys wat in reën water geskryf is. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Manual Tester

South Africa, Gauteng
Hire Resolve
R20000 - R23000

Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R35000

Senior Java Developer

Cape Town N Suburbs
Hire Resolve
R35000 - R45000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2005
R 135,995.00

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition 3-dr Dsl
2007
R 230,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.