Talle ingeloop met 'dieetplan'

2011-08-28 11:00
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – 'n Vrou wat in ses maande 66 kg verloor het, kruip nou glo weg nadat sy haar eiesoortige verslankingsmetodes aan goedgelowige mense verkwansel het.

Talle ongelukkiges probeer haar opspoor, maar sy beantwoord nie een van haar drie selfone nie en het weggetrek uit Hermanus.

Amelia van Zyl (oftewel Sanders, haar eksman se van) het glo rooipeper en kaneel teen R150 per persoon aan haar “klante” verkoop en hul “registrasiegeld” van R250 vir haar eetplan ingevorder.

KaapRapport
het in Mei oor Van Zyl (39) berig en ook ’n dieetkundige se mening ­– dat dit nie gesond is om so vinnig gewig te verloor nie en dat speserye nié ’n wonderkuur is nie – geplaas.

Van Zyl het op ’n Facebook-blad met 600 “vriende” haar dieetplan bemark. Sy noem dit die Ebenhaéser-dieet en skryf “tot hiertoe het die Here ons gehelp”.

Dis juis oor sy “met haar Bybel onder die arm” by motiveringspraatjies opgedaag het dat mense haar vertrou het. Van Zyl het ’n groot klantebasis op Hermanus en in Brackenfell opgebou. Op Hermanus ken baie inwoners Van Zyl, maar Sparks Esterhuysen (70), ’n direkteur van die Sand-en-See instituut, sê hy wens hy’t haar nooit ontmoet nie. “Ek wil huil elke keer as ek daai vrou se naam hoor.”

Volgens Esterhuysen het Van Zyl aan hulle gesê sy doen bemarking. “Sy het ons toe kom vra of sy nie vanjaar ons Limpopo-staptog kon reël nie. Sy sou die borge en die leerders kry wat deelneem.
“Sy het aan ons gesê sy het R55 000 vir ’n bus gekry. Sy het 60 skoolkinders gewerf, waarvan sommige reeds R1 000 registrasiegeld aan haar betaal het.”

Jacomina Alkaster, een van die ouers, het aan KaapRapport bevestig dat sy R1 000 aan Van Zyl betaal het vir die staptog.
Van Zyl het by Esterhuysen gespog met die borge wat sy glo gekry het. “Ek’t haar eendag gevra hoe sy dit reggekry het om so vinnig borge te kry en sy het geantwoord: ‘Wel, ek is al lank in die game.’
“Sy’t ons naam deur die modder gesleep. Maar ons sal haar jag en ons sal haar vind. Ek het oë orals.”

Die staptog is gekanselleer.

Die gimnasium ProActive op Hermanus sê hulle weet ook van Van Zyl se “streke”. Mathew Browne, die bestuurder, sê Van Zyl het opgetree asof sy ’n paar mense by die gimnasium sou help. “Ek het hulle van die begin af gesê daardie resep van haar is nie reg nie. Dis ongesond.”

Browne sê Van Zyl se bewering dat sy daar gewerk het, is vals. “Sy het net met mense se kop kom smokkel. Sy het te veel mense op Hermanus geld geskuld en nie geweet wat om te doen nie.”
In Facebook-korrespondensie tussen Van Zyl en ’n “klant” in Brackenfell sê sy sy het nader aan die stad getrek om “meer kontak te hê met almal”.

Nicoleen Amon (38) sê nadat sy oor Van Zyl gelees het, het sy onmiddellik op Facebook met haar bevriend geraak. “Ek reël toe dat 20 vriendinne een aand by my huis bymekaar kom sodat ons na Amelia kan luister. Sy het die aand by my huis ingestap met ’n Bybel onder die arm waarin sy haar foto’s van haar vet jare gehou het.

“Daardie aand het ons 30 pakke peper en kaneel by haar gekoop. Sy het gesê ons moet in grootmaat aankoop, want sy voer dit uit Indië in en weet nie wanneer die volgende vrag kom nie. Sy’s hier weg met ’n pak note.”

Amon sê die eetplan – wat onder meer roomkaas insluit – was ’n “vals ding”: “Ons elkeen het elke week 2 kg aangesit!”
Amon sê sy het Van Zyl op Facebook gekonfronteer en gesê sy moet aan hulle kom verduidelik hoekom sy hulle ignoreer én hoekom die dieet nie werk nie: “Toe stuur sy my ’n boodskap: ‘HELP!’ en ‘Ek is so vreeslik jammer’ en ‘Ek was verkeerd, baie verkeerd’.

“Dit was die laaste wat ek van haar gehoor het.”

Amon sê Van Zyl het aan hulle belowe hulle sou almal Desember in bikini’s op die strand rondloop. “Sy het gesê ons sou 40 kg in 4 weke verloor.”

Wanda Agenbag (43) van Brackenfell sê hulle was desperaat om gewig te verloor en het alles geglo wat Van Zyl hulle vertel het. “Sy het gesê ’n bekende gesondheidsmaatskappy wou die regte vir haar mengsel teen R150 000 by haar koop, maar sy is ’n Christen en dit gaan nie oor die geld nie.”

Sy sê sy dink nie daaraan om enige regstappe teen Van Zyl te doen nie. “Wat sal dit ons nou in die sak bring? Vir ons gaan dit nou om ander teen haar te waarsku.”

Jeanine Woest (29) sê Van Zyl het hulle laat glo die dieet is deur ’n dieetkundige goedgekeur. “Sy het ook gesê die gimnasium borg haar program.”

Jolene Simon (44) sê die dieet het haar gesondheid benadeel. “Ek het hartprobleme en cholesterol. Sy het my verseker sy het ook hartprobleme gehad; ek moet ophou die dokter se pille gebruik en my kos net met die rooipeper eet. Later moes ek my dokter toe haas.”

Sy sê haar stoelgang was pynlik. “Daai is nie gewone rooipeper nie. Dis 300 keer sterker en dit brand is jy dit drink en dit brand nog erger as jy toilet toe gaan.”

Simon en Amon sê hul vel het ook begin agteruitgaan.

Johnathan Amon (44) sê hy het ook by die program aangesluit en die R250 betaal, sowel as peper en kaneel gekoop. Hy is die enigste een wat gewig verloor het van die groep van 20 in Brackenfell. “Dis net omdat ek nié haar dieet gevolg het nie. Ek het in die eerste week van haar dieet 2kg aangesit en besluit die ding is nie reg nie.”

– Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Lees meer oor: bedrog

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

karl.speer.5 sê... Elke revolusie is uniek maar die swakheid van die regering is altyd die primêre oorsaak. As 'n regering nie wét en orde kan handhaaf nie dan is hy power. Gewoonlik sal so 'n power regering eers te sag optree, dan te streng optree, onder druk swig en toegewings maak maar dan weier om na regverdige klagtes en besware te luister. ‘n Regering wat bykans geen beleid het nie, lukraak regeer, ‘n land ekonomies ten gronde laat gaan, met swak amptenare regeer, korrupsie van die amptenary en die regering self toelaat is inderdaad 'n power regering. Die stappe wat die regering in SA tans doen beteken net soveel as 'n bewys wat in reën water geskryf is. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2005
R 135,995.00

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition 3-dr Dsl
2007
R 230,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.