Talle dakloos toe hul hutte afbrand

2011-08-01 09:08
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Honderde mense is die naweek dakloos gelaat nadat ’n verwoestende brand ure lank deur ’n plakkerskamp gewoed en 300 plakkershutte afgebrand het.

Percy Morokane, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste (EMS), het gesê die brand in die Slovopark-plakkerskamp in Coronationville het Vrydag omstreeks 21:00 begin.

“Brandbestryders kon die vuur eers gister (Saterdagoggend) om 02:00 blus,” het hy gesê.

“300 plakkershutte is in puin gelê en 600 mense is haweloos gelaat.”

Volgens Morokane was inspekteurs eergister omstreeks 07:00 al op die toneel om die oorsaak van die brand te bepaal.

“Hulle het deur die puin gesoek en gevind die brand is begin deur die oorlading van ’n onwettige elektriese verbinding.”

Niemand het in die brand gesterf nie.

Jeff Wicks, woordvoerder van Netcare 911, het in ’n verklaring gesê een man het brandwonde aan sy arms opgedoen en is steeds in ’n ernstige toestand in die hospitaal.

Volgens Wicks het die man van sy besittings probeer red toe sy hut in vlamme opgegaan het.

Paramedici het hom op die toneel gestabiliseer en hy is per ambulans vir verdere behandeling na die Helen Joseph-hospitaal geneem.

Morokane het gesê die stad se rampbestuursdirektoraat het gereël dat al die slagoffers van die brand Vrydagnag by ’n laerskool in Coronationville kon slaap.

Van die inwoners het eergistermiddag reeds hul hutte begin herbou.

“Die Coronationville-ontspanningsaal het plek vir 1 000 mense.

“Ons het vir die inwoners gesê almal wat nie slaapplek het nie, is welkom om daar te bly,” het Morokane gesê.

Parks Tau, burgemeester van Johannesburg, het Slovopark Saterdagmiddag besoek.

Matshidiso Mfikoe, Johannesburgse burgemeesterskomiteelid vir openbare veiligheid, het hom vergesel en oor die skade ingelig.

Morokane het gesê Checkers het Saterdag ’n mobiele sopkombuis na Slovopark gestuur wat die inwoners van kos voorsien het.

“Die inwoners van Coronationville het ook in groot getalle opgedaag met warm maaltye,” het hy gesê.

Morokane sê inwoners wat geraak is, het steeds skenkings soos kos, komberse en geld nodig.

Mense wat wil bydra, kan die stad se rampblitslyn bel by 011 375 6009.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: brande  |  plakkerskampe

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

karl.speer.5 sê... Elke revolusie is uniek maar die swakheid van die regering is altyd die primêre oorsaak. As 'n regering nie wét en orde kan handhaaf nie dan is hy power. Gewoonlik sal so 'n power regering eers te sag optree, dan te streng optree, onder druk swig en toegewings maak maar dan weier om na regverdige klagtes en besware te luister. ‘n Regering wat bykans geen beleid het nie, lukraak regeer, ‘n land ekonomies ten gronde laat gaan, met swak amptenare regeer, korrupsie van die amptenary en die regering self toelaat is inderdaad 'n power regering. Die stappe wat die regering in SA tans doen beteken net soveel as 'n bewys wat in reën water geskryf is. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2005
R 135,995.00

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition 3-dr Dsl
2007
R 230,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.