Talle dakloos ná brande in Skiereiland
2011-12-18 09:07
Kaapstad – Een persoon is dood en 97 ander is dakloos gelaat nadat brande in informele nedersettings in die Kaapse Skiereiland voorgekom het.
Volgens Wilfred Solomons-Johannes, woordvoerder van die Kaapstadse Rampbestuursentrum, word die dood van 'n man van Phillipi-Oos deur die polisie ondersoek.
Die oorsaak van die brande is nie bekend nie.
Intussen het die slagoffers kospakkies, klere, komberse en boumateriaal van die stadsowerheid ontvang.
– RSG.
– Volg Nuus24 op Twitter.