Talle beseer ná ontploffing Mugg & Bean ruk
2012-02-02 10:55
Kaapstad – Minstens 10 mense is beseer, drie van hulle kritiek, in ‘n ontploffing Donderdagoggend by Mugg & Bean by die Festival-winkelsentrum in Kempton Park.
“In die stadium is daar nie veel inligting nie. Ons weet nog nie wat die ontploffing veroorsaak het nie. Die polisie ondersoek die voorval,” het Tshisikawe Ndou van die polisie gesê.
Die beseerdes is na hospitale in die gebied geneem.
– Was jy op die toneel? Stuur jou foto's vir ons.
– Eyewitness News
– Hou Nuus24 dop vir meer inligting.
– Volg Nuus24 op Twitter