Tafelberg-springer: Broer moet lyk uitken
2011-01-11 16:06
Kaapstad – Die broer van die skatryk sakeman en weldoener Rob Taylor, wat vanaf Tafelberg na sy dood gespring het, het sy lyk Maandagaand uitgeken, het Kaapstad-polisie Dinsdag gesê.
Mnr. Taylor moes sy broer se lyk by Soutrivier-lykshuis gaan identifiseer na Rob die naweek op Tafelberg selfmoord gepleeg het, het EyeWitness News berig.
Die Burger het vroeër berig dat Taylor, ’n bekende KwaZulu-Natalse sakeman, vlieënier en ywerige valskermspringer in sy veertigs, Sondagaand laat teen die berg sy rugsak van sy skouers gehaal, voor ooggetuies sy arms gestrek en gespring.
Hy het met die kabelkar na bo gery.
Die polisie wou egter nie die identiteit van die man wat gespring het bevestig nie, aangesien sy familie hom eers Dinsdagoggend sou uitken.
Lees die volledige storie hier.