Tafelberg-dood dalk Audi-skenker selfmoord
2011-01-10 13:11
Kaapstad - Die lyk wat Sondagaand deur reddingswerkers op Tafelberg gevind is, is moontlik dié van die man wat verlede jaar 'n sportmotor aan veiligheidswagte in Kaapstad geskenk het, berig Eyewitness News.
Dit wil ook voorkom of die man selfmoord gepleeg het deur van die berg af te spring.
Die identiteit van die man is nog nie amptelik bekend gemaak nie, maar die kredietkaart wat in 'n broeksak van die lyk gevind is, is glo dié van mnr. Rob Taylor, die eiendomsontwikkelaar wat in 2010 'n voertuig van R1.5 miljoen aan veiligheidswagte geskenk het.
Volgens die polisie is daar nog nie duidelikheid oor die oorsaak van die voorval nie, maar die aanvanklike ondersoek dui op selfmoord.
Taylor is Sondag met die kabelkar teen die berg op.
'n Familielid sal na verwagting Maandag die lyk uitken.
- Lees hier meer.
- Volg Nuus24 op Twitter