Tafelberg, jou lekker ding!
2011-11-11 22:31
Kaapstad – Kapenaars kan met trots sê dat hulle aan die
voet van een van die sewe natuurwonders woon.
Volgens ‘n internasionale peiling is Tafelberg
as een van die wêreld se sewe natuurwonders gekies.
Ander bestemmings wat die lys gemaak het, is
die Amasone-oerwoud, Argeninië se Iguaza-watervalle, Suid-Korea se Jeju-eiland,
Indonesië se Komodo, die Fillipyne se Puerto Princesa ondergrondse-rivier en
Vietnam se Halong-baai.
Die Switserse organisasie wat die peiling
georganiseer het, New7Wonders, het egter gesê die finale uitslae sal eers vroeg
in 2012 aangekondig word.
Tanzanië se Kilimanjaro, die Dooie See en die
Grand Canyon in Amerika het nié volgens die voorlopige uitslae, die paal gehaal
nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP