TV-ster se noue ontkoming in Kaapstad

2010-01-11 06:24
Tweets Share Share line Print

Victoria Smurfit (35), bekend om haar rol in die BBC-reeks Ballykissangel. (BBC)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Korrespondent

Londen. – ’n Britse TV-ster het Sondag onthul hoe ’n koeël sentimeters verby haar gevlieg het terwyl sy in die feestyd in ’n taxi in Strandstraat, Kaapstad, was.

Victoria Smurfit (35), bekend om haar rol in die BBC-reeks Ballykissangel, het in die Irish Mail on Sunday oor haar gesin se noue ontkoming op Oujaarsdag in die Moederstad geskryf.

Die aktrise se elmboog is beseer toe die koeël een van die taxi se vensters versplinter het, en haar ma, Caroline, moes in die hospitaal opgeneem word weens hartprobleme.

Volgens Smurfit het die polisie eenvoudig “ja, dankie” gesê toe hulle die voorval per telefoon probeer aanmeld het. Eers dae later is twee beamptes gestuur om verklarings af te neem.

“Skynbaar was die aanval deel van ’n bende-inisiasie. Dit was Vermoor-’n-toeris-dag en ons het in die pad gekom. Dit is frustrerend om nie te weet wie die skieter is nie.”

Die voorval kon nie Sondag deur die Wes-Kaapse polisie bevestig word nie.

Saam met Smurfit en haar ma was ook haar man, Doug Baxter, haar broer, Dermot, en sy vrou, Charlie.

Die koeël het laasgenoemde glo rakelings gemis toe dit deur die taxi se venster gevlieg het. Die groep was onderweg na ’n Nuwejaarspartytjie.

Smurfit, wat langs die bestuurder gesit het, het vertel hoe sy ’n paar oomblikke te bang was om om te draai, in geval een van haar familielede getref is.

Volgens haar het dit ’n langdurige uitwerking op haar familie gehad – haar broer is nou “obsessief” om gewelddadige misdaad in Suid-Afrika na te vors, terwyl sy self nog by tye huil by die gedagte oor wat kon gebeur het. 

–Beeld

Lees meer oor: skietery  |  misdaad  |  toerisme  |  kaapstad

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

karl.speer.5 sê... Elke revolusie is uniek maar die swakheid van die regering is altyd die primêre oorsaak. As 'n regering nie wét en orde kan handhaaf nie dan is hy power. Gewoonlik sal so 'n power regering eers te sag optree, dan te streng optree, onder druk swig en toegewings maak maar dan weier om na regverdige klagtes en besware te luister. ‘n Regering wat bykans geen beleid het nie, lukraak regeer, ‘n land ekonomies ten gronde laat gaan, met swak amptenare regeer, korrupsie van die amptenary en die regering self toelaat is inderdaad 'n power regering. Die stappe wat die regering in SA tans doen beteken net soveel as 'n bewys wat in reën water geskryf is. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2005
R 135,995.00

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition 3-dr Dsl
2007
R 230,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.