TLU-SA dien klag teen ministers in
2010-05-04 14:13
Pretoria – ’n Kriminele klag gaan teen Tina Joemat-Pettersson, die minister van landbou, Susan Shabangu, die minister van minerale, asook Buyelwa Sonjica, die minister van waterwese ingedien word nadat hulle die land se waterverskaffer glo 'op die spel geplaas het', het die landbou-organisasie TLU-SA Dinsdag gesê.
"Dit is duidelik dié betrokke ministers het nie binne die nasionale waterwet opgetree nie. Dit was óf hulle bedoeling om so op te tree óf hulle was bloot nalatig gewees,” het Louis Meintjies, adjunkpresident van TLU-SA en die voorsitter van die Nasionale Waterforum gesê.
"Ons ontvang geen antwoorde van hulle nádat ons die kwessie herhaaldelik onder hulle aandag gebring het nie, dus het ons geen ander keuse as om hulle aan te kla nie.”
Hy het gesê die organisasie gaan op ‘n volledige ondersoek aandring, asook dat die “oortreders” vasgetrek moet word.
Die klagte sal Vrydag om 10:00 by die Brooklyn-polisiestasie ingedien word.
-Sapa
Volg Nuus24 op Twitter.