TAC: Zuma praat nie genoeg oor gesondheidsektor
2012-02-10 23:02
Johannesburg – Die Treatment Action Campaign bevraagteken wat hy noem president Jacob Zuma se versuim om uitdagings wat die gesondheidsektor in die gesig staar, in sy Staatsrede uit te lig, het RSG Vrydag berig.
Die TAC sê Zuma het eerder gepraat oor die vordering wat gemaak is in die stryd teen MIV/vigs, sonder om besonderhede te verskaf oor hoe die regering die programme wat werk, gaan verbeter.
'n Woordvoerder, Nonkosi Khumalo, sê daar is ander probleme in die voorsiening van gesondheidsdienste en as hierdie probleme nie opgelos word nie, sal die stryd teen MIV ernstig benadeel word.
– RSG
– Volg Nuus24 op Twitter