Swendelaar vas wat dooie se geld probeer trek
2011-09-29 22:17
Johannesburg – ‘n Man is Donderdag in Silverton in hegtenis geneem nadat hy na bewering toegang probeer kry het tot die bankrekening van ‘n man wat twee maande gelede gesterf het.
Die 54-jarige man het hom as die dooie man se seun voorgedoen en gesê hy wou sy spaargeld trek, het kapt. Jan Sepato gesê.
Hy het ‘n vervalste doodsertifikaat en ‘n kopie van die dooie man se identiteitsdokument aan die bankbestuurder oorhandig.
Die bestuurder het egter agterdogtig geraak en die dooie rekeninghouer se familie en die polisie gekontak.
“Ons vermoed die man is deel van ‘n bedrogsindikaat wat onlangs toegeslaan het op verskeie mense in dele van Pretoria,” het Sepato gesê.
Hy sal na verwagting aangekla word van poging tot bedrog en sal Maandag in die Pretoria-landdroshof verskyn.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA