Swanger vrou sterf toe ambulans sleepwa tref
2011-02-16 11:11
Oos-Kaap – Vier mense is in 'n padongeluk waarby 'n ambulans betrokke was, in Bizana in die Oos-Kaap dood.
Die slagoffers is drie personeellede van die Greenville-hospitaal en 'n swanger vrou.
'n Woordvoerder van Arrive Alive, Tshepo Machaea, sê die ambulans het teen 'n sleepwa gebots wat verlate op die pad tussen Nyaka en Mpunzi Drift gestaan het.
Die ambulans het twee swanger vroue van die Nelson Mandela-hospitaal in Mthatha na Greenville-hospitaal vervoer. Die polisie soek na die eienaar van die sleepwa.
– RSG
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA