Swanger vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk
2011-11-10 14:43
Durban – 'n Swanger vrou is dood en twee ander vroue het kritieke beserings opgedoen nadat 'n vragmotor hulle in Mobeni naby Durban getref het, het paramedici Donderdag gesê.
"Omstreeks 07:40 het 'n swaar voertuig deur 'n kruising op die Higginson-hoofweg gery en drie jong vroue op 'n voetoorgang getref," het Chris Botha, woordvoerder van Netcare, gesê.
Die vragmotorbestuurder het toe agteruit beweeg en die vroue raakgery voor hy uit die vragmotor geklim en weggehardloop het.
'n 20-jarige swanger vrou is op die toneel dood. Die twee ander vroue is "baie kritiek" beseer, het Botha gesê.
Verkeer in die gebied is erg ontwrig en 'n groot gedeelte van die pad is gesluit.
Die polisie ondersoek die saak.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA