Swanger vrou in ongeluk beseer
2010-08-26 13:38
Johannesburg – Twee mense, waarvan een ‘n swanger vrou is, is Donderdag beseer nadat ‘n vragmotor en ‘n voertuig in Durban gebots het.
Volgens Derrick Banks, woordvoerder vir ER24, het die ongeluk op die M7 naby Titrenstraat plaasgevind.
“Twee insittendes van die voertuig is beseer. Een van hulle is ‘n vrou wat vyf maande swanger is,” het Banks gesê.
Die vrou moes met die kake van die lewe uit die wrak gesny word en paramedici is bekommerd oor haar ongebore baba.
Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie maar volgens ooggetuies het die vragmotorbestuurder beheer van sy voertuig verloor en die motor getref.
Die bestuurders van die vragmotor en motor is nie beseer nie.
Volg Nuus24 op Twitter.