Swaard-slagoffer se ma in trane
2009-08-31 16:53
Johannesburg- Die ma van die skoolseun Jacques Pretorius, wat deur sy medeskolier Morne Harmse met ‘n Samoeraiswaard vermoor is, het Maandag in trane in die hooggeregshof uitgebars.
“Ons is gebreek,” het sy geantwoord op die vraag oor die impak van die moord op hulle gesin.
Geklee in swart het sy onbeheer geruk tydens die verrigtinge.
Volgens haar is vergifnis onmoontlik. “Ek kan hom nie vergewe vir wat hy aan ons gedoen het nie.”
Harmse se prokureur, Dolph Jonker, het ‘n brief voorgelees wat Harmse self geskryf het. “Ek wil dit duidelik maak dat ek nooit in my hart bedoel het om iemand seer of dood te maak nie. Ek sal vir die res van my lewe moet leef met dit wat gebeur het,” het hy geskryf.
Die saak sal Dinsdag voortduur.
–Sapa