Swaar boetes aan motoriste opgelê
2010-01-22 22:56
Johannesburg – Twintig motoriste is Vrydag elk R1250 beboet, omdat hulle nie hul bestuurderslisensies by hulle gehad het nie, het die Johannesburgse metro-polisie gesê.
Volgens supt. Wayne Minnaar was die voertuie na die departement se hoofkwartiere geneem, en was bestuurders versoek om hul bestuurderslisensies te toon. Eienaars van voertuie was ook gekontak, om hul voertuie te kom haal.
Minnaar het gesê die eienaars van die voertuie was dieselfde bedrag beboet, omdat hulle ongelisensieerde bestuurders toegelaat het om hul voertuie te gebruik.
- Sapa