Susters gekaap op dieselfde plek, dag

2010-10-30 06:30
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Twee susters, een van Potchefstroom en een van Springs, was op dieselfde dag en op dieselfde plek, agt uur uit mekaar, betrokke in kapingsdramas.

Albei Rita Cloete (72) van Potchefstroom se polsgewrigte is gebreek in die kaping voor haar suster, Lida Prinsloo, se huis in Eastvalestraat, Springs.

Die nagmerrie het Donderdag omstreeks 12:00 begin toe Prinsloo by haar hekkie stilgehou het.

“Die volgende oomblik was hy op my en skreeu in Afrikaans: ‘Ek gaan jou skiet’, en ruk die bondel sleutels uit my hand.

“Hy spring in die motor, jaag weg, maak ’n draai en ry my nog amper raak ook,” het sy gistermiddag vertel.

Intussen was Cloete en haar man, Martin Cloete (67), van Potchefstroom op pad na Springs om ’n kas by Prinsloo te kom aflaai.

“Nadat ons die kas afgelaai het, het ek en my vrou ’n paar goedjies gaan koop en was so teen 19:30, 20:00 weer by die huis. Ek het met die Nissan-bakkie op die sypaadjie stilgehou toe ’n motor stadig verby ry en stilhou.

“Een van die mans klim uit en stap nader terwyl ek ook uitklim. Ek het gedink hy soek aanwysings of so iets. Toe pluk hy sy vuurwapen uit en rig dit op my.

“Hy skreeu: ‘Get down, get down’, maar ek sê ek kan nie, want ek het ’n knievervanging gehad en kan nie kniel nie. Hy skreeu ek moet lê, anders skiet hy my,” het mnr. Cloete Donderdagmiddag gesê.

Intussen het die ander kapers om die bakkie beweeg en sy vrou uitgepluk. Sy het blykbaar uit skok haar handsak teen haar bors gedruk, wat die kapers laat vermoed het sy het iets waardevols daarin.

Hulle het haar op die grond gegooi, haar met ’n geweerkolf agter die kop geslaan en toe sy lê op haar polsgewrigte getrap.
Prinsloo wat in die huis was, het gesien wat buite gebeur en haar dogter, Riette Trollip (50), en ’n huisvriend, mnr. Jeff Reece, geroep.

Volgens mnr. Cloete het een van die kapers Reece sien kom en twee skote in sy rigting gevuur. Reece is nie getref nie en het op die grond geval en is daarna weer die huis in.

Hulle kon daarin slaag om die veiligheidsdeur te sluit voordat die aanvallers daaraan begin pluk het.

Voordat Reece homself, Prinsloo en Trollip in die badkamer toegesluit het, het een van hulle daarin geslaag om die noodknoppie wat die sirene laat afgaan te druk.

Toe die sirene begin loei het die aanvallers in hul motor gespring en weggejaag.

“Hulle het al ons kaarte, selfone, ID en so R5 000 gevat. Maar ons leef en is dankbaar daarvoor,” het mnr. Cloete gesê.

Mev. Cloete is Donderdagmiddag aan haar twee gewrigte en hande in die Parklands-kliniek in Springs geopereer. Volgens haar dogter, me. Estelle Verwey, ook van Potchefstroom, sou hulle van die beentjies verwyder wat versplinter het.

“Ek is net dankbaar, dit kon erger gewees het,” het mev. Cloete gesê kort voordat sy geopereer is.

Volgens Verwey is haar ma ’n diep gelowige mens wat al klaar vergewe het. Prinsloo het berading gekry ná die kaping.

Chanelle Rebello (4), Trollip se kleindogter wat by Trollip en haar oumagrootjie gekuier het, het in die stort agter die gordyn weggekruip. Sy het eers weer uitgekom toe die polisie en ambulansmanne al daar was.
 

- Beeld

Lees meer oor: misdaad  |  kapings

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

johan.vermeulen.127 sê... miljuisende Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2005
R 135,995.00

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition 3-dr Dsl
2007
R 230,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.