Survivor-verdagte nog nie in hof

2010-03-09 12:30
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die twee mans wat glo vier jongmense doodgery het terwyl hulle in Soweto resies gejaag het, het nie soos verwag was Dinsdag in die hof verskyn nie.

Gemeenskapsleier Dlangezwa Mvelase het gesê dat die saak Woensdag in die Protea landdroshof sal begin.

“Ons sal more hier wees om te betoog. Ons wil hulle borgtog teenstaan,” het Myelase gesê.

Die bestuurder van een van die motors was die musikant Jub Jub, ’n deelnemer aan Survivor SA: Santa Carolina Celebrity Challenge.

Die grys Mini Cooper en ’n bloue het volgens insp. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder, omstreeks 16:00 in Mdlalosestraat tussen Protea North en Protea Glen resies gejaag.

“Dit is ’n tweerigtingstraat en een van die motors het in die baan van aankomende verkeer gery sodat hulle parallel aan mekaar beweeg het,” het insp. Edna Mamonyane, Johannesburg se metropolisiewoordvoerder, gesê.

Toe ’n motor van voor af kom, het die een Mini na die ander baan teruggeswenk.

Die blou motor het die gryse glo gestamp en dit het gerol, het Ma­khubela gesê.

Vier seuns, tussen 17 en 19 jaar oud, het saam met vriende op die sypaadjie geloop toe die motors hulle tref. Die vier is op die toneel dood.

Drie van hul vriende is met ernstige beserings, waaronder veelvuldige frakture en kopbeserings, hospitaal toe geneem.

Die twee bestuurders is lig beseer. Hulle is op aanklag van strafbare manslag en roekelose of nalatige bestuur in hegtenis geneem.

Die twee verdagtes staar klagtes van strafbare manslag en nalatige en roekelose bestuur in die gesig.

Sapa – Die Burger

Lees meer oor: hofsake  |  ongelukke  |  kindersterftes

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sirrion sê... Anton, Dawn praat so die waarheid. Deur sulke kommentaar aan te val wys jy jou morele klas. Ek sien ook op jou FB profile jy is oorspronklik daar van Mookgophong se wereld, basies net 'n klipgooi van Johan Kotze af. Jy wil ook vir my so half op hom trek. Sirrion. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. More sun than clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Scattered showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 20-30°C Strong thunderstorms. Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Widely scattered tstorms. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Tiida 1.6 Visia+ 5-dr
2011
R 139,990.00

FORD

Fiesta 1.6 TDCi Trend 3-dr Dsl MY06
2006
R 109,995.00

TOYOTA

Hilux 2.7 VVT-i RB Raider PU MY09
2011
R 229,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.