'Survivor-man' toon nie simpatie vir kinders
2010-03-11 11:32
Kaapstad – Die eerste ding wat die musiekster Jub Jub gedoen het nadat hy uit die wrak van sy Mini Cooper gehelp is, was om sy selfoon uit te haal en iemand te bel. Hy het glo geen kommer getoon vir die kinders wat in die ongeluk dood en beseer is nie.
Muzi Nzuza was een van die eerste mense wat op die ongelukstoneel op Protea Boulevard in Soweto aangekom het.
Hy het beskryf hoe Jub Jub, wat deelgeneem het aan Survivor SA: Santa Carolina, en ‘n vrou uit die motor geklim en oproepe op hul fone gemaak het.
“Hulle jaag in die township en hulle weet daar is kinders. Hulle verdien om in die tronk te verrot, ek sal hom nooit vergewe nie. Hy is selfsugtig,” het Nzuza gesê.
Lees die volle berig by iol