Survivor-man hoor vandag oor borgtog
2010-03-19 08:41
Johannesburg – Lede van die polisie en die media was Vrydagoggend besig om by die Protea-landdroshof te arriveer op die laaste dag van die borgtog-verhoor van die hip-hop kunstenaar Molemo "Jub Jub" Maarohanye en Themba Tshabalala.
Die omgewing rondom die hof in Soweto was stil en die hekke was oop vir enigiemand om die gebou binne te gaan.
Die straat buite die hof was met rommel bestrooi, ‘n herinnering van die geweldadige betogings deur skoliere wat Donderdag hul woede teen Jub Jub en Tshabalala se motorongeluk wat vier kinders geëis het getoon het.
Slotargumente sal na verwagting Vrydag plaasvind en Maarohanye en Tshabalala sal hoor of hul aansoek om borgtog toegestaan gaan word.
Vyf staatsgetuies, sowel as Jub Jub, het reeds in die laaste twee dae getuig.
- Sapa