Survivor-deelnemer ry glo vier dood

2010-03-09 08:43
Tweets Share Share line Print

Die ongelukstoneel. (Foto: Felix Dlangamandla)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Daniëlla du Plooy

Johannesburg - Vier tieners is Maandag in hul skoolklere doodgery en nog drie ernstig beseer toe hulle voor twee Mini Coopers beland het wat in Soweto resies gejaag het.

Die bestuurder van een die motors was die musikant Jub Jub, ’n deelnemer aan Survivor SA: Santa Carolina Celebrity Challenge.

Die grys Mini Cooper en ’n bloue het volgens insp. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder, omstreeks 16:00 in Mdlalosestraat tussen Protea North en Protea Glen resies gejaag.

“Dit is ’n tweerigtingstraat en een van die motors het in die baan van aankomende verkeer gery sodat hulle parallel aan mekaar beweeg het,” het insp. Edna Mamonyane, Johannesburg se metropolisiewoordvoerder, gesê.

Toe ’n motor van voor af kom, het die een Mini na die ander baan teruggeswenk.

Die blou motor het die gryse glo gestamp en dit het gerol, het Ma­khubela gesê.

Vier seuns, tussen 17 en 19 jaar oud, het saam met vriende op die sypaadjie geloop toe die motors hulle tref. Die vier is op die toneel dood.

Drie van hul vriende is met ernstige beserings, waaronder veelvuldige frakture en kopbeserings, hospitaal toe geneem.

Die twee bestuurders is lig beseer. Hulle is op aanklag van strafbare manslag en roekelose of nalatige bestuur in hegtenis geneem.

’n Ma van een van die seuns het gisteraand verskriklik op die toneel gehuil. Nooddienswerkers het haar opgetel en van toneel af weggedra. Massas mense het geskok op die toneel saamgedrom, waar daar ook ’n brandweerwa en tientalle polisielede was.

Albei wrakke het in ’n sloot langs die pad gelê. Die bloue was so erg verwring dat ’n mens skaars kon glo enigiemand het lewend daaruit gekom.

Die gryse is minder erg beskadig.

Die kinders se skoolsakke het ook langs die pad gelê.

Drie van die slagoffers was leerders van Jules High School in die Johannesburgse middestad en die ander van Altmont High School in Protea North.

Makhubela het gesê die twee bestuurders sal in die hof verskyn sodra hulle behandel is.

- Die Burger

 

Lees meer oor: jub jub  |  ongelukke  |  resieskar

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

eben.potgieter sê... Almal weet wie is Sunette. Wie is Wanita nou weer? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.