Superkiem wek 'nasionale kommer'
2011-10-21 11:07
Johannesburg – Die departement van gesondheid het die verspreiding van 'n sogenaamde "superkiem" as 'n saak van nasionale kommer bestempel.
Drie mense is dood nadat hulle met die uiters weerstandige NDM-1 besmet is.
Die departement van gesondheid het egter gesê dié mense het weens ernstige onderliggende siektes gesterf.
Elf gevalle van mense wat met NDM-1 besmet is, is aangemeld.
Fidel Hadebe, woordvoerder van die departement, het gesê maatreëls is in plek gestel om te verseker dat die bakterie nie versprei nie.
"Ons is baie bekommerd dat drie mense reeds gesterf het, maar al wat ons sê is dat die moontlikheid van ander gevalle baie beperk is."
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter