Suidpool toe ter wille van kinders

2011-12-28 08:00
Tweets Share Share line Print

Durban – Ses matrikulante van KwaZulu Natal sal vroeg in Januarie die Antarktiese koue op sleë gaan aanpak om vroeë kinderontwikkeling in die kollig te plaas.


Die doel is om vir voorskoolse kinders toegang te gee tot voorskoolse ontwikkelingsprogramme.

Unlimited Child, ’n nie-regeringsorganisasie (NRO), wat fokus op crèches in die Vallei van ’n Duisend Heuwels in KwaZulu-Natal, bedryf die projek.

Die span bestaan uit mnre. Iain, Zack en Barney Buchan, Nzuzo Mnikathi, dr. Pete Berning en mnr. Dave Pritt (koördineerder van die ekspedisie). Nzuzo is die jongste lid van die span.

Hulle vertrek Maandag 9 Januarie na Punta Arenas in Chili waar hulle twee dae sal deurbring vir die laaste opleiding en die nagaan van toerusting. Vandaar vlieg hulle na die Union Glacier-basiskamp om te akklimatiseer en hul toerusting finaal na te gaan.

Die span hoop om 14 Januarie hul tog van 111 km te begin.

Afhangende van die weer en ander uitdagings beplan hulle om tussen 5 en 25 km per dag te vorder en ’n nag op die Suidpool deur te bring voordat hulle na Union Glacier terugvlieg.

Me. Christel Liebenberg, woordvoerder van Unlimited Child, het gesê Buchan sr. het besluit om saam met sy twee seuns in die voetspore van ontdekkingsreisigers soos Roald Amundsen, Robert Falcon en Sean Wisedale (die enigste Suid-Afrikaner wat die sewe hoogste pieke ter wêreld geklim het) te volg en sodoende ook bewustheid te skep vir The Unlimited Child.
Liebenberg het gesê hulle wou ’n kind wat in die vallei grootgeword het die kans bied om saam te reis.

Nzuzo se tannie is betrokke by die opleiding van opvoeders by crèches in die omgewing en hulle het sodoende van hom te hore gekom.

Sy ouers is dood toe hy 9 was en hy is deur sy ouma, me. Ivy Ndlovu, grootgemaak.

“Hy het empatie met die kinders wat grootword in die Vallei van ’n Duisend Heuwels (waar kinders nie juis toegang tot voorskoolse programme het nie). Die kinders kon nie vir ’n beter woordvoerder gevra het nie.”

Die span se oefenprogram sluit in vier uur per dag se stap, draf en die trek van ’n 40 kg-gewig om gewoond te raak aan die swaar slee wat elkeen agter hom aan moet sleep. Die groep raak ook “vrieskas-fiks” om hulle voor te berei op die ure van alleenheid op die ys.

Volg hul vordering op www.theunlimitedchild.co.za

Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: kinders  |  matrikulante  |  antartika

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

johan.vermeulen.127 sê... miljuisende Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2005
R 135,995.00

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition 3-dr Dsl
2007
R 230,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.