Suid-Kaap sonder krag
2010-05-26 12:47
Johannesburg – Dele van die Suid-Kaap sal Woensdag sonder elektrisiteit wees, het Johnny Douglas, munisipale bestuurder, gesê.
“Weens kabeldiefstal in die Khayalethu-area in Knysna, sal die noordelike areas die hele dag sonder elektrisiteit wees. Ons vra om verskoning vir enige ongerief,” het Douglas in ‘n persverklaring gesê.
Geen verdere inligting is nog beskikbaar nie.
- Sapa
Volg Nuus24 op Twitter.