Suid-Afrika registreer vir verkiesing
2011-02-05 12:56
Johannesburg – Die eerste registrasienaweek vir voornemende kiesers in die opkomende plaaslike regeringsverkiesings het Saterdag afgeskop.
Suid-Afrikaanse regoor die land het na registrasiepunte gestroom om hul name op die korrekte lyste te kry.
Volgens SABC het pres. Jacob Zuma Oos-Londen besoek om kiesers in die Oos-Kaap aan te moedig om te registreer.
Zuma sou van deur tot deur in die Mdantsane-informele nedersetting gaan en later ‘n klein byeenkoms bywoon.
Helen Zille, leier van die DA, het haar dag in Atlantis spandeer, terwyl IFP-voorman Mangosuthu Buthelezi in Durban woeker onder potensiële kiesers.
Suid-Afrikaners wat wil uitvind waar hulle geregistreer is om te stem kan hul identiteitsnommers na 32810 sms om uit te vind.
Registrasielokale sal Saterdag en Sondag oop wees.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA