Subkomitee vir Hlophe
2009-07-22 15:13
Kaapstad - Die Regterlike Dienskomissie (RDK) het 'n subkomitee van drie mense aangestel op te ondersoek of dara genoeg bewyse is om voort te gaan met 'n volle verhoor in die twis tussen die Kaapse regterpresident John Hlop en regters van die konstitutionele hof.
"Die RDK het vandag besluit om 'n subkomitee aan te stel wat die saak verder sal ondersoek en hulle sal op 15 Augustus terugvoering gee," het RDK-woordvoerder Marumo Moerane gesê.
Die subkomitee bestaan uit Moerane, regter Ishmael Semenya and regterpresident Bernard Ngoepe. Laasgeneomde sal die voorsitterskap inneem.
Die komitee sal bewyse van Hlope en regters van die konstitutionele hof, Bess Nkabinde en Chris Jafta, bestudeer. Hulle het Hlope in Mei verlede jaar beskuldig dat hy probeer het om hulle verkeerdelik te probeer beïnvloed het in die destydse hangende uitsprake rakende die korrupsiesaak teen president Jacob Zuma.
- Sapa