Stygende voedselpryse raak 'armstes van armes' meeste
2011-09-25 10:30
Kaapstad - Die vakbond UASA meen stygende voedselpryse sal die armstes van die armes die meeste raak, het RSG Sondag berig.
Die woordvoerder van die vakbond, André Venter, sê Suid-Afrikaanse werkers kan nie die hernieude bedreiging van stygende kospryse bekostig nie.
Hy sê mense met 'n lae verdienste bestee die grootste persentasie van hul inkomste aan kos.
Volgens die Augustus voedselprys-monitor van die Nasionale Landbou Bemarkingsraad het voedselpryse tussen Julie 2010 en Julie vanjaar met 7,4% toegeneem.
Dit is beduidend hoër as die hooflyninflasie in dié tydperk wat 3,3% was.
– RSG
– Volg Nuus24 op Twitter